Bloei + Blom: Viering Van Afrikaans
Product image

Bloei + Blom: Viering Van Afrikaans

Vendor
Flyleaf Uitgewers
Regular price
R 850.00
Sale price
R 850.00
Regular price
R 850.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Item is in stock.

Bloei + Blom, ’n prag, volkleur, koffietafelboek in hardeband, is die breinkind van Nataniël.

Dit bevat die stories van meer as 200 Afrikaanse baanbrekers en mavericks van die afgelope eeu – mense wat onopsigtelik, of skouspelagtig en ten aanskoue van die ganse wêreld grense verskuif het. Onder diegene tel uitvinders en entrepreneurs, skrywers en kunstenaars, sjefs, tuiniers, argitekte, wynmakers, botaniste en boere, modeontwerpers en operasangers, filosowe, opvoeders, medici en akteurs en nog vele, vele meer, geskryf deur meer as 70 joernaliste, bekende én onbekende skrywers, familielede, oudstudente of vriende.

Het jy byvoorbeeld geweet Louis Leipoldt het as ’n mediese student in Londen vir die beroemde Franse sjef Auguste Escoffier ’n waterblommetjiebredie gekook terwyl hy ekstra geld verdien het as skottelgoedwasser in die Savoy-hotel? Dat die klein Taliep Petersen pak gekry het vir sy gesloer na skool omdat hy eers vir die jazz-musikante deur die vensters van Distrik se Zambezi-restaurant wou loer?

Of dat Anton Rupert sy entrepreneurstande as die eienaar van ’n droogskoonmakery geslyp het; ’n jong Rassie Erasmus die Springbokkapteinskap van die hand gewys het omdat hy “te veel kuier”; Albert Einstein gereken het Jan Smuts is een van ’n hand vol mense wat sy relatiwiteitsteorie eintlik verstaan; en dat ’n internasionale danser soos Johaar Moseval, wat die verhoog met Margot Fonteyn en Rudolf Nurejef gedeel het, op sy sterfbed vir “lekke’ kos en lekke’ warme tea” sou vra …