Ná haar tweejarige dogter, Mia, se raaiselagtige verdwyning ses jaar gelede, worstel Tilla Allers steeds met erge PTSS. Die veroordeelde reeksmoordenaar Ricky Erwee is agter tralies, maar klein Mia se oorskot is nooit gevind nie. Tilla het haar veeartsenypraktyk prysgegee en haar tienerdogter, Petra, by eksman Altus en sy nuwe vrou agtergelaat om ’n kluisenaarsbestaan op die familieplaas naby Bremel in die Vrystaat te voer. Wanneer Jonker Cloete, ’n jong filmmaker van Nieu-Seeland, sy opwagting op Bremel maak om ’n dokumentêr oor Mia se verdwyning te vervaardig, begin die dorpenaars hul herinneringe opdiep en spekuleer oor wat presies in 2019 gebeur het. Tilla se grootste vrees is dat haar kind se oorskot wel gevind sal word, en haar sorgvuldig gekonstrueerde lewe inmekaar laat tuimel indien sekere verborge familiegeheime aan die lig kom. Donkerhart is ’n onthutsende sielkundige riller wat jou nekhare sal laat rys.