Los Bietjie Plek Vir Magic
Product image

Los Bietjie Plek Vir Magic

Vendor
Jonathan Ball Publishers
Regular price
R 220.00
Sale price
R 220.00
Regular price
R 220.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

Nairobi is haar skool se hoofmeisie en haar lewe is agtermekaar – of so lyk dit vir almal wat haar ken. Sy't doenlysies en sit nooit ’n voet verkeerd nie. Maar dis juis haar obsessie met beheer wat maak dat haar kêrel haar afsê op haar agtiende verjaardag, voor almal by die skool. Haar ma gee vir haar haar oorlede tannie se hangertjie as geskenk. Nadine, haar ma se suster, het in haar agtiende lewensjaar spoorloos verdwyn. En hierdie verlies hang soos ’n donker skadu oor Nairobi se ma en ouma – eintlik hulle hele gesin. Wanneer Nairobi die hangertjie aansit, verskyn haar tannie in haar kamer. Sy raak gaandeweg ’n gerusstellende aanwesigheid vir Nairobi, totdat Nairobi besef dat sy kan help antwoorde verskaf oor wat in haar tannie se laaste ure gebeur het. As sy die raaisel kan ontrafel, sal sy dalk haar gesin kan heelmaak, en haarself bevry van die beheer wat haar ouers oor haar uitoefen en wat sy ook aangeleer het.