’n Kompetisie om klere uit weggooi-goed
te maak? Dit klink na groot pret! Minki en haar twee beste
maats, Natalie en Lara, gaan beslis inskryf. Die droomrok wat
hulle ontwerp, gaan fantasties lyk! Maar ongelukkig besluit
Danika ook om deel te neem, en sy gaan seker maak sy wen ... al
moet sy vuil speel om dit reg te kry.