Skorpio
Product image

Skorpio

Vendor
NB Publishers
Regular price
R 350.00
Sale price
R 350.00
Regular price
R 375.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

Benny Griessel en Vaughn Cupido ontvang die blye tyding dat hulle uiteindelik weer bevorder is tot die rang van kaptein. Maar hul vreugde is van korte duur. Die vergruisde liggaam van een van Cupido se beste vriende is gevind onder die motor waaraan hy in sy motorhuis gewerk het . . . ’n blote ongeluk, of koelbloedige moord? En op ’n imposante plaas buite Stellenbosch ontplof ’n woonwa. Onverklaarbaar. Nadat die vuur geblus is, word ’n liggaam in die wrak gevind. Griessel en Cupido moet ondersoek instel, en dit is ’n morsige saak, want dit het op die eiendom van ’n welbekende glans-egpaar gebeur . . . en die man is klaarblyklik “’n egosentriese, wraaksugtige megalomaan wat kontakte het om sulke dinge te laat gebeur”. Om dinge selfs interessanter te maak, sweer ’n plaaswerker hoog en laag hy het ’n vlieënde piering gesien, net enkele sekondes voor die ontploffing . . . Die gewildste skrywer in Afrikaans, met ’n langverwagte roman wat sy lesers se tone sal laat krul van plesier.