Om ’n spook te wees is nie REGTIG so sleg as wat almal dink
nie. Veral nie as jy in ’n besige winkelsentrum bly nie. Daar’s hope
cool goed om te doen. Mia kan snags gaan fliek, in die
speletjiesarkade rondhang of die nuutste modes in die klerewinkels
aanpas. Daar is selfs ’n paar ander spoke om haar geselskap te hou.
Toe Mia boonop ’n gewone meisie ontmoet wat spoke kan sien, is
dit die begin van ’n ietwat ongewone vriendskap. Jodi se dertiende
verjaardag is om die draai, en Mia beplan ’n groot verrassing vir haar
nuwe vriendin. Maar ’n spokerige geheim kan dalk alles bederf