Hierdie gebruikersvriendelik en praktiese gids is perfek vir klaskamergebruik. Die gids is ideaal vir onderwysers om die analise van die roman te vergemaklik: literêre aspekte word binne die konteks van die roman bespreek, daar is kontekstuele vrae met nasienriglyne, daar word verskeie skryf- en mondelingaktiwiteite binne konteks van die roman gegee en daar is klasbesprekingspunte. Die roman "Die seun met die swaeltjie" sal goed werk vir Afrikaans Huistaalklasse vanaf graad 7 en ook Afrikaans Eerste Addisionele Taalklasse vanaf graad 9.