Default product image

Valskermbataljon - Verhale 2

Vendor
Naledi Uitgewers
Regular price
R 275.00
Sale price
R 275.00
Regular price
R 275.00
Sold out
Unit price
per 
Tax included. Shipping calculated at checkout.
This product is either out of stock or available on pre-order. Please click on "Place an Order" to order the product.

Met die reusesukses van Valskermbataljon-verhale wat verlede jaar verskyn het, is daar ʼn groot aanvraag vir nog stories uit die penne van valskermsoldate wat elkeen op ʼn unieke manier en in hul eie woorde hul ervarings in dié elite-eenheid deel. Derhalwe verskyn Valskermbataljonverhale 2 propvol nog uitsonderlike ware verhale vanjaar.
Die aanvraag vir ʼn opvolgboek het nie slegs van lesers gekom nie, maar ook van talle valskermsoldate wat ook graag hul stories van uiters uitdagende opleiding, operasionele kontak met die vyand, kameraadskap en humor wil deel. Stories wat hulle al vir dekades met hulle saamdra en nou met almal kan deel.
Soos met die eerste boek is hierdie stories van deernis, waagmoed, waaghalsigheid, deursettingsvermoë en
uiterste lojaliteit, geskryf in die taal en styl van elke individuele soldaat; elkeen se eie ervarings in sy eie woorde in beide Afrikaans en Engels. Stories wat eerlik en opreg geskryf is, oor ʼn tyd wat die lewens van duisende soldate en hul geliefdes onomkeerbaar verander het.
Valskermbataljon-verhale 2 is stories van moed, deursettingsvermoë, gevaar, humor, vasbyt en verlies wat die leser by tye laat regop sit, glimlag en ook diep laat nadink.
Hierdie is ʼn boek nie net vir en oor soldate nie, maar vir elkeen wat nog ooit gewonder het oor die manne in maroen, hul valskerms en die eenheid.